News

Eggo-grotte egpaar wreed vermoor

Hy las by dat daar al vantevore drama met voormalige werknemers was.

Die liggame van Hendrik (77) en Anneke Claassen (73), is gister omstreeks 15:00 gevind nadat hulle wreed aangeval is by die hotel by die Eggo-grotte in Ohrigstad.

Werknemers het om hulp geroep nadat hulle volgens Piet Claassen, Hendrik se broer van Middelburg, op die egpaar se liggame afgekom het.

Volgens Piet weet die familie nog nie hoe die egpaar vermoor is nie.

Die liggame is na die moorde aan die brand gesteek.

Hulle is in afsonderlike geboue op die perseel gevind.

Daar is aan die Claassen familie vertel dat die egpaar, wat die Eggo-grotte en hotel besit, wreed gemartel is.

“Ons hoor die hele plek was rooi van die bloed, daar was geen genade nie.”

Volgens Piet vermoed die familie dat die moordenaars agter geld aan was, weens die winsgewende bedryf.

Hy las by dat daar al vantevore drama met voormalige werknemers was.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button