News

Eggo-grotte egpaar wreed vermoor

Hy las by dat daar al vantevore drama met voormalige werknemers was.

Die liggame van Hendrik (77) en Anneke Claassen (73), is gister omstreeks 15:00 gevind nadat hulle wreed aangeval is by die hotel by die Eggo-grotte in Ohrigstad.

Werknemers het om hulp geroep nadat hulle volgens Piet Claassen, Hendrik se broer van Middelburg, op die egpaar se liggame afgekom het.

Volgens Piet weet die familie nog nie hoe die egpaar vermoor is nie.

Die liggame is na die moorde aan die brand gesteek.

Hulle is in afsonderlike geboue op die perseel gevind.

Daar is aan die Claassen familie vertel dat die egpaar, wat die Eggo-grotte en hotel besit, wreed gemartel is.

“Ons hoor die hele plek was rooi van die bloed, daar was geen genade nie.”

Volgens Piet vermoed die familie dat die moordenaars agter geld aan was, weens die winsgewende bedryf.

Hy las by dat daar al vantevore drama met voormalige werknemers was.

 

 

Check Also
Close
 
Back to top button