News

Soektog na Mielie kring uit

Die soektog na die Australiaanse beeshond, Mielie, wat om die Slaghoek plaas naby Doornkop weggeraak het, kring uit terwyl die Zambi-soekspan bly glo dat hy nog opgespoor kan word.

Kevin Ruthven en sy Jack Russel, Brood, se hondemaatjie met die naam Mielie, het op 6 Februarie weggeraak.

Me. Marthina Janse van Rensburg van Zambi het ’n beroep gedoen dat Mielie se plakkaat in omliggende gebiede versprei word.

Kevin Ruthven en sy asem, Mielie.

“Mielie het die vermoë om baie ver te kan reis, en ons glo dat hy iewers in iemand se besit is wat dalk onbewus is dat daar na hom gesoek word.”

Die R20 000 beloning vir Mielie se veilige terugkoms staan nog.

Terwyl Zambi voortdgaan met hulle soektog, het mnr. Ruthven op die Bergloper en Mieliebrood Facebookblad ’n plasing gemaak dat hy vrede gemaak het met Mielie se verdwying.

Brood en Mielie op die plaas.

Hommeltuie, vliegtuie en spoorsnyhonde is al gebruik om na Mielie te soek.

Indien iemand inligting het oor waar Mielie is kan Zambi gekontak word by 082 895 7807.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button