Almal is Mal oor Mel
Van lekker lag kom lekker maagspiere so vir dié wat reeds bespreek het vir vanaand se Almal is Mal-vertoning, lê ’n lawwe aand voor.
Middelburg se Melanie Du Toit kuier by haar alma mater, Hoërskool Middelburg, waar sy haar gehoor sal laat skater.
Melanie, wat by Hoërskool Middelburg matrikuleer het en daarna ook skool gegee het, het vinnig sterstatus bereik as ’n skrywer, illustreerder, komediant, TikTok-en televisie persona.
Maar haar gespande vlerke het haar terug na haar tuisdorp gebring, waar sy vanaand om 19:00 ’n komedieseskets, Almal is Mal, by Hoërskool Middelburg op die planke sal bring.
Kaartjies is nog beskikbaar teen R120 per persoon.
Geen onder 16’s sal toegelaat word nie.
Hoërskool Middelburg se kafeteria en koffiewinkel sal oop wees.
Toeskouers word aangeraai om voor 19:00 al daar te wees.
