News
Bekende oud-polisieman sterf by sy huis
Die bekende oud-polisieman, Louan Cason (54), is gisteroggend (Sondag) by sy huis in Broodboomstraat (Kanonkop) oorlede.
Sy ma, Toy, sê alle aanduidings is dat hy weens vog op die longe gesterf het.
Louan was ’n adjundant offisier toe hy na meer as 33 jaar weens mediese redes by die polisie weg is.
Hy het eers by die aanklagkantoor gewerk, daarna was hy verbonde aan die speurtak en tot met sy uittrede was hy by die Middelburg Landdroshof werksaam.
Die gesin het aangedui dat hulle vandag met begrafnisreëlings sal begin.
• ’n Volledige berig oor Louan sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.
• Verlede week is nog ’n bekende oud-polisieman, Piet Cross, aan kanker oorlede.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
