News

Stembusse open om 07:00 Woensdag by banketsaal en NG Kerk

Dis D-dag vir die DA Woensdag in Gholfsig en Clubville waar die party se setel vakant geraak het met die aftrede van raadsheer Jos Pretorius weens gesondheid.

Die DA het intussen ’n intensiewe advertensieveldtog geloods met die hoop om die wyk blou te hou.
Die wyk is tradisioneel ’n DA wyk.

Elsie Vermooten sal te staan kom teen die Middelburg en Hendrina Inwoners Front (MHRF) se Tinus van der Merwe, die ANC se Mahmood Akhalwaya en Ntombizodwa Mthobeni van die EFF.

Elsi Vermooten.

Die VF+ het nie ’n kandidaat in die wyk nie ten spyte van die tweede meeste stemme tydens die 2021 munisipale verkiesing in die wyk.

Volgens OVK inligting is daar 3520 geregistreerde kiesers in die wyk.
In die vorige verkiesing het die DA 79.41% van die stemme verwerf.

Die area, wat Gholfsig en Clubville en die landelike gedeeltes rondom die woonbuurte insluit, strek oor sowat 18.4km².

Die twee stempunte is by die Gholfsig NG Kerk en die banketsaal.

Altesaam 1394 kiesers is geregistreer by die kerk en 2162 kiesers by die banketsaal.

In 2021 het 62.18% geregistreerde kiesers by die kerk hul kruisies getrek, en 56% van kiesers by die ander stempunt.

Altesaam 1666 stemme was in die guns van die DA met die VF+ wat altesaam 254 verwerf het.
Die ANC en MHRF was onderskeidelik derde en vierde met enkele stemme in hul guns.

Die banketsaal sal Woensdag ingespan word vir die verkiesing, en die tent in die park agter die hospitaal vervang as stempunt.

Die stembusse sal om 07:00 oopmaak en om 21:00 weer sluit.

Naas Wyk 14 sal nege ander tussenverkiesings in die Wes-Kaap, KZN en Gauteng plaasvind.

Al die partye versoek kiesers om hul stemreg uit te oefen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button