News

KYK: Quantum bussie se insittendes steel fiets, motorfietse, vroegoggend

’n Quantum bussie was die naweek weer betrokke by motofietsdiefstalle in Sangirostraat, waar ’n fiets saam twee motorfietse in die bussie gelaai is.

In CCTV beeldmateriaal kan gesien word hoe vier mans eers lank sukkel om die hek se motor oop te breek, voordat hulle eindelaaste handeviervoet die erf in kruip.

Hulle verdwyn so rukkie van die monitor af waarna een van die boewe skielik met valhelms en die ander dief en ’n fiets in die hande weer by die hek uit verdwyn.
Daarna kom die oorblywende twee diewe met die motorfietse uit, wat hulle na die bussie stoot.

Die bussie vertoef so rukkie in die straat voordat dit wegry met die buit.

Titon Sekuriteit sê hulle ervaar ’n toename in voorvalle in veral Clubville en Gholfsig, waar daar gedurende die naweek deur ’n huis se dak in Totiustraat ingebreek is.

Volgens Titon is dieselfde Quantum bussie al verskeie kere by ander inbrake opgemerk, veral waar bande en motorfietse geteiken is.

Klere en juweliersware is by die Gholfsig huis gebuit.

Daar is ook vroeër twee kragopwekkers by dieselfde Totiusstraat huis gesteel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button