News
Gesteelde bergfiets gevind na dief dit neergooi en vlug
’n Barmhartige samaritaan het ’n fietsdief in sy spore gestuit en ’n gesteelde bergfiets terug gekry.

Die inwoner wat versoek het om anoniem te bly het ’n tyd gelede op ’n man afgekom wat besig was om die fiets na Mhluzi te stoot.
Toe hy die verdagte uitvra oor die fiets het hy aanvallig geantwoord dat dit “sy fiets is” maar het dit neer gegooi en laat spaander.
Die fiets is vermoedelik in die omgewing van Viljoenstraat gesteel en blyk as of dit oor ’n hele paar mure gegooi is.
Die eienaar kan die fiets kom haal by die Middelburg Observer se redaksiekantoor.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.