News
Boerseun pak Kanadese brandweerman
Dit is die boerseun teen die brandweerman in die groot voël paradys.

In die een hoek vir Suid-Afrika in dié skopboks toernooi in Oudtshoorn is Middelburg se Bowen Kruger (23) en in die ander hoek al die pad van Hanover, Kanada, is brandweerman Quinren Beggs (29). Hulle veg in die 86 kilogram afdeling in K1.
Slegte nuus vir die Kanadees is dat hy net ’n week later in Kaapstad met nog ’n boerseun slaags gaan wees, wanneer die legendariese Suidoos-Transvaal flank, Francois Rossouw (Middelburg), se seun, AJ, hom pak.
Vanaand se toernooi word geadverteer as die “Battle of the Continents” en die een in Kaapstad as die “South African Open”.
Die Suid-Afrikaanse en Kanadese spanne Donderdag saam afgeneem.
Bowen Kruger pak Quinren Beggs vanaand in Oudtshoorn.
So word die twee toernooie geadverteer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.