News

Pappegaai aan Mammagaai: “Hééélp, ek verstik!!!!!!!!!”

Die pappegaaie by die Amora Dierepark gaan eersdaags nie meer “Hallo Pollie!” sê nie, maar skree: “Hééélp!” hyg, hyg: “Ons kry nie asem nie!”

Marietjie Britz (Amora Dierepark) en Johan Janse van Rensburg (Middelburg Stasie) is raadop met haweloses wat op ’n bykans daaglikse basis gemors op die hoek van Meyer- en Weeberstraat aan die brand steek.

Die rook trek oor tot by die Middelburg Dierepark, wat op die stasieperseel geleë is en is ’n irritasie vir personeel en besoekers.

Hulle kan sien die rook pla die kinders as hulle die diere kom voer en Marietjie is oortuig daarvan dat dit die diere gaan begin affekteer.

“Ek glo op die lange duur gaan dit ook nadelig vir die diere wees!” het sy omgekrap gesê.

Die gemors wat brand maak ’n dik swart wolk.

Johan het in die week met ’n brandblusser gehardloop om die brandende gemors dood te spuit.

“Hulle kom met hul winkeltrollies vol swartsakke na die hoek toe, kyk wat hulle kan gebruik en steek die res aan die brand. Daar is van plastiek tot kragkabels en blikkies tussen die gemors. Dit maak ’n dik swart wolk wat ons almal se neuse brand en sinus veroorsaak!”

Hy noem dat dit gereeld ook soos geweerskote klink as van die deodorant- en ander aerosolblikkies ontplof in die vuur.

• Hulle bel weekliks die munisipaliteit om die probleem aan te spreek.

“Die wetstoepassers kom uit en verjaag die mense en maak skoon, maar more is die groep met hul gemors maar net weer terug. Ons weet nie meer wát om te doen nie!”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button