News

AfriForum se Mpumalanga-takke toets vir cholera

Verskeie AfriForum-takke in Mpumalanga het watertoetse gedoen om vas te stel of daar cholera teenwoordig is in die munisipale drinkwater.

Daar is in Ermelo, Standerton, Bethal, Middelburg en Witbank watermonsters geneem om by ’n geakkrediteerde laboratorium getoets te word.

Die uitslae wat op 28 Junie ontvang is toon geen tekens van cholera nie en daar is ook nie E.coli in die water teenwoordig nie.

“Ons is dankbaar dat al die drinkwater skoon is maar inwoners moet nie te gerus wees nie, munisipaliteite se suiweringsaanlegte is erg onder druk as gevolg van beurtkrag en ander uitdagings soos besoedeling in spruite en riviere,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

Die dorpe waar watermonsters geneem is het elkeen hul eie suiweringsaanlegte – behalwe Bethal wat voorsien word deur Randwater. Die Randwater-netwerk het skoon getoets en dus sal ander dorpe in die provinsie wat deur Randwater voorsien word ook skoon toets. Hierdie dorpe sluit onder meer Delmas, Sundra, Leandra, Evander, Kinross en Secunda in.

“Die swak bestuur en onbevoegdheid van munisipaliteite is nou vinnig besig om hulle in te haal. As daar nie dringend aandag gegee word nie gaan hierdie kwessie net vererger,” sluit Bekker af.

Raak by AfriForum se Mpumalanga-takke betrokke en help om jou omgewing beter te maak. Besoek: www.wordlid.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button