News
Goederewaens ontspoor na drade gesteel is
Tien goederewaens het vanoggend kort voor 2:00 ontspoor tussen Waterval Boven (Emgwenya) en Waterval Onder.

Die totale omvang van die skade is onbekend.
• ’n Inwoner van Waterval Boven, mnr. Hennie Fourie, het gister aan die sekuriteit gerapporteer dat die bobaandrade (koperdraad) by die spoorlyn gesteel is.
Teen vanoggend was daar reeds 100m van die drade weg.
Dit is nie bekend of dit bygedra het tot die ontsporing nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
