News

Mpumalanga ontvang nuwe ambulanse ná druk van VF Plus

“Die VF Plus verwelkom die aankoop van 39 broodnodige en nuwe ambulanse - ter waarde van meer as R45 miljoen - tot Mpumalanga se onvoldoende vloot,” het mnr. Werner Weber, VF Plus-LPW en provinsiale leier: Mpumalanga, in ’n mediaverklaring gesê.

Dit volg op volgehoue druk van die VF Plus sedert 2020 aangaande die kritieke ambulans-tekorte.

Die 39 ambulanse sluit in: Tien mobiele kritieke eenheid-voertuie, drie psigiatriese ambulanse, drie reaksie-voertuie en 21 tradisionele ambulanse.

Verswakkende gesondheidsdienste en veral die tekort aan ambulanse in Mpumalanga was tot dusver ’n reuse probleem.
Die VF Plus het die provinsiale LUR vir gesondheid, me. Sasekane Manzini, verskeie male by wyse van vergaderings, mosies en briewe versoek om hierdie tekort dringend te ondersoek.

Me. Manzini het in 2022 op geskrewe vrae geantwoord dat die provinsie slegs 76 werkbare ambulanse het. In 2023 is daar selfs minder met slegs 60 werkbare ambulanse wat ‘n bevolking van meer as vier miljoen gesondheidsorggebruikers moet bedien.

Dit is nie naastenby die vereiste hoeveelheid van 450 wat volgens die departement vir die provinsie benodig word nie. Daar moet een ambulans wees vir elke 10 000 mense.

Me. Manzini het ook beaam dat die departement voortaan tien ambulanse per jaar wil aankoop, maar dat die getal nie noodwendig sal styg nie, aangesien dit onseker is hoeveel ambulanse uit diens gestel sal word.

Die departement bestee tans R50 miljoen per jaar aan die onderhoud van die huidige ambulanse.

Dit is egter nie net ‘n kwessie van nuwe ambulanse aankoop nie aangesien die departement ook oor te min opgeleide personeel beskik, waarvan 74% slegs ‘n basiese noodopleidingskursus van vier weke voltooi het.

Daar is meer as 100 klinieke in Mpumalanga sonder besoekende dokters, honderde wat wag op operasies in hospitale weens ‘n gebrek aan chirurge en spesialiste.

Dit is van die menslike hulpbron-uitdagings wat uitgelig is in ‘n derdekwartaal-gesondheidskomiteeverslag wat in Februarie in Mpumalanga se provinsiale wetgewer ter tafel gelê is.

“Die tyd het aangebreek om dié ANC-beheerde departement skoon te maak van kaderontplooiing en om die wanaanwending van belastingbetalersgeld te stop.
Mpumalanga verdien beter as die ANC.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button