News
Bowen se kraghoue stuit Kanadees
Die Kanadese skopboks kampioen in die 86 kilogram gewigsafdeling, Quinren Beggs (29), was nie Vrydagaand opgewasse vir die boerseun van Middelburg, Bowen Kruger (23), nie.
Kruger se monsteragtige kraghoue het die Kanadees gou teen die toue gehad en die aanslag was so groot, dat die geveg voortydig gestop is.
Dit was een van die gevegte op die program waar Kanada en Suid-Afrika mekaar in ’n skopboks toernooi op Oudtshoorn gepak het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
