Sakeman sterf aan hart in Botswana
’n Bekende sakeman van Middelburg , Thomas Wheeler (50), het vanoggend (Donderdag) in Botswana gesterf.

Alle aanduidings is dat hy aan ’n hartaanval oorlede is.
Mnr. Wheeler se ma, Hestie, het omstreeks 07:30 vanoggend die nuus van sy afsterwe gekry.
“Dit was my enigste seun, dit is ’n verskriklike skok,” het sy hartseer gesê.
Mnr. Wheeler en sy gesin was saam met sy neef, dr. Paul Pienaar (’n plastiese chirurg) met vakansie in Botswana.

Hy het gisteraand begin sleg voel en het Pienaar het vir hom aarvoeding ingesit. Hulle het van hul vakansieplek af tot by die Maun Hospitaal, sowat 200km van daar af, gery. Mnr. Wheeler is in die hospitaal oorlede.
“Sy seun, Thomas, was die hele tyd by hom. Hy is gebroke.” Thomas jnr. is ’n matriekleerling aan Hoërskool Middelburg.
Me. Wheeler sê haar seun was hul steunpilaar sedert haar man, Thomas, 20 jaar gelede oorlede is.
Sy het vertel hoe ’n gelukkige gesin haar seun, sy vrou en hul kinders was.

Mnr. Wheeler word vir buiten sy ma, ook oorleef deur sy vrou Janita, kinders Thomas jnr, Jan, Anja en Hestie, susters Theriza en Riana, swaer Janus en susterskinders.
• Mnr. Wheeler was die eienaar van die “Thomas” brikette- en vuuraanstekers.