News
Grasdak in Gholfsig besig om te brand
’n Grasdak in Van Elderstraat is besig om af te brand, met ’n sterk wind wat die verwoestende vlamme aanhelp.

Dit is nie bekend of dit die huis of aangrensende lapa is wat brand nie en ’n joernalis van die Middelburg Observer is op pad na die toneel.
Nooddienste waaronder die brandweer is ook reeds uitgestuur om die vlamme te probeer blus.
Die berig sal opdateer word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
