News

Die kkkkoue is op almal se lippe – stuur jou foto’s

Beurtkrag is vergete, die petrolpys, rentekoerse wat styg...daar is net een ding op almal se lippe...die kkkkoue!

En die tweede grootste besprekingspunt is? Sneeu!

“Het dit daar by julle gesneeu? Het julle gesien hoe lyk Belfast, Hendrina, Ermelo…?”

Karre gly op die yspad, die Long Tom pas is toe, Witbank se gholfklub is gehul in ’n wit sneeukombers en op die Stoffbergpad is dit 12 kilometer buite Middelburg spierwit. Tonteldoos lyk soos ’n ysland, sprokiesmooi.

Ai, en die ysgode het hierdie jaar verby Middelburg gegaan sonder om ordentlike sneeu af te lewer. Aerorand en Groenkol het so paar strepies vlokkies gekry wat gou deur die reën weggespoel is.

Kaymin van der Walt was gister na vyf die middag op pad na Nelspruit en toe sy naby Belfast kom, was dit eensklaps spierwit. Sy het vir die Middelburg Observer ’n video aangestuur van die eens in ’n leeftyd belewenis.

Lesers staan nou die kans om ’n bottel sjerrie te wen deur hulle foto’s aan te stuur, ok, kom ons maak dit drie bottels teen die koue.

Stuur die foto’s per e-pos na sjani@mobserver.co.za.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button