News

Kleuter ‘wil Jesus se hart bly maak’

Twee kleuter dogtertjies het van hul eie speelgoed gegee vir die Jacobs gesin wat bykans alles in ’n brand verloor het.

Klein Aaliyah (4) en Mariné Roos se mamma, Iné, het vir hulle die berig en foto’s van die brand op die Middelburg Observer se webtuiste gewys.

Die Jacobse se huis in Van Elderstraat het Maandagmiddag afgebrand.

Die Roos dogtertjies was dadelik besorg toe hulle hoor dat daar kinders in die gesin is, wat bykans alles verloor het.

Hulle het dadelik van hul speelgoed gaan uitsoek en eenkant gesit vir die “maatjies”.

Die twee het vir hul ma gesê: “Ons gaan Jesus se hart bly maak as ons die maatjies help, want ons het genoeg.”

Mariné was ook tevrede daarmee dat haar ma van haar optrek-doeke vir die ander kinders gee.

Me. Roos het nog ’n paar doeke gevind wat oorgebly het van haar dogtertjie toe sy kleiner was, en in die pakkie gesit, “Ons as gesin het self die afgelope twee jaar deur ’n moeilike tyd gegaan. Ons verstaan waardeur hulle gaan.”

Sy het genoem “dat wat ons ookal het, genoeg is dat ons vir ander ook kan gee.”
• Rdl. Elsie Vermooten het Dinsdagmiddag die pakkies wat hulle opgemaak het vir die Jacobs gesin gaan afgee.
• Daar is ’n trustrekening vir fondse om die Jacobs familie by te staan geopen. Theo Pistorius Prokureurs sal die trustfonds hanteer.

Vir enige navrae of om bydraes te lewer, bel rdl. Vermooten by 082 338 7736.

Me. Iné Roos en haar dogtertjie, Aaliyah (4).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button