News

Laaste sneeufoto’s vir kompetisie

Die wenners word binnekort aangekondig.

Daar het nog ’n paar laat inskrywings ingekom gister vir die sneeufoto-kompetisie waar sjerrie gewen kan word.

Tiaan Struwig het Maandagaand ’n paar foto’s geneem by die Alzu Petroport, waar hy selfs met ’n hommeltuig een foto uit die lug geneem het.

Vandaar het hy gery na ’n plaas net buite Middelburg en daar ook sneeufoto’s geneem.

Hannie Scholtz sê daar het letterlik net vyf kilometer van hul huis af in Aerorand Suid, by haar vriendin se huis gesneeu. Dit is net-net buite Middelburg tussen die drierigtingstop na die ou Witbank pad (links) en die N4, voor die treinbrug.

 
Back to top button