News

Vrou in gesig geslaan vir handsak

Minute nadat ’n vrou in die gesig geslaan en beroof is, is die vermeende rower vasgetrek.

Inwoners in die omgewing van OK Grocer in Meyerstraat was in rep roer toe hulle van die roof hoor.

Na wat verneem word het die vrou (wie se naam weerhou word) uitgekom by OK en in die pad se rigting geloop.

Die booswig het haar in die gesig geslaan, haar handsak gegryp en af gehardloop in Bhimy Damanestraat.

Dylan Botha en Deon Lamprecht het hom ingehardloop in Bhimy Damanestraat en platgetrek.

Lede van die Noodroep Radiogroep Sektor 3 het van die gebeure verneem.

Wimpie van Zyl en Karools Benadie het saam met Karli Benadie en haar vriend, Alex Heyns, hulle na die toneel gehaas.

Wimpie sê hy het gesien die polisie ry op in Klipstraat en het hulle agterna gesit.

In SADC-straat, naby die St Joseph’s Tehuis, het hy hulle voorgekeer en gaan wys waar hulle die verdagte gevang het.

• Thomas Gabriel het Maandag vlugtig in die hof verskyn op ’n klagte van roof. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

• Buiten ’n stukkende lip (waar die verdagte haar geslaan het) en erge skok, het die slagoffer nie ernstige beserings opgedoen nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Matt Handley

Matthew Handley has been working as a journalist and photographer at the Middelburg Observer since December 2022. Matthew was honoured with the Alet Roux Award for Best Young Journalist by the FCJ in 2023. As a community journalist, Matthew covers a diverse variety of topics, with an unwavering adoration for Middelburg.
Back to top button