News

Boodskap oor Duvha ontruiming onwaar

Boodskap wat rondte doen is vals.

‘n WhatsApp boodskap wat vanoggend die rondte gedoen het dat die krag af was weens ‘n noodgeval en ontruiming by Duvha Kragstasie is nie waar nie.

Die boodskap meld dat die krag nie weer na die beurtkrag aangekom het nie, omdat daar ‘n probleem is aan Eskom se kant as gevolg van ‘n noodontruiming by Duvha Kragstasie.

‘n Betroubare bron het bevestig dat daar beslis geen noodgevalle of ontruimings vanoggend by die genoemde kragstasie was nie.

  • Op die Dagpatrollie WhatsApp-groep het ‘n vrou ‘n stemboodskap gelaat waarin sy sê dat haar seun twee jong mans met ‘n trollie opgemerk het by die substasie in Meterstraat. In die trollie was kabels. Sy het ook genoem dat een van dié mans al op ‘n vorige geleentheid gespog het by vriende dat hulle “kabels steel vir ‘n lewe.” Die polisie is gekontak.

Dit is op hierdie stadium nog onseker wat die presiese oorsaak was dat die krag nie dadelik aangekom het na beurtkrag nie. Die krag het net  na 13:00 aangekom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button