News

Kunstenaar gaan brandslagoffers se troufoto skilder

Wat gaan jy eerste gryp wanneer jou huis besig is om af te brand? Tydens so opname het ’n vrou een keer gesê haar troualbum.

Vir Jemél Jacobs was daar net genoeg tyd om ’n karstoeltjie te gryp, voordat die gesin se huis in Van Elderstraat in ’n verwoestende brand vernietig is.

Een van die mees sentimentele items in die huis wat sy nie kon red nie, was haar trouskildery.

Maar nou het Fransie Venter aangebied om weer vir Braam en Jemél ’n trouskildery te verf.

“Die feit dat Jemél genoem het dat hul trouskildery ook in die brand verwoes is, wys vir my sy het baie sentiment daaraan gehad. Dit is hoekom ek dit as ’n guns vir hulle wil doen,” het Fransie vanoggend gesê.

Fransie het die berig op die webtuiste gelees van Braam en Jemél wat alles verloor het toe hul huis in Van Elderstraat, Gholfsig, Maandag afgebrand het.

“Dit moet vir hulle baie traumaties wees, want hulle gaan van hulle goed nooit weer terugkry nie. Ek weet dit is aardse goed, maar dit bly sentimenteel, want daardie herinneringe is nou weg.”

Jemél was sprakeloos toe die joernalis haar bel en sê dat Fransie hul troufoto weer wil skilder.

“Ek het nie woorde nie, ek kan net dankie sê…” het sy emosioneel geantwoord.

• Fransie het ’n skildery vir past. Danie Venter en sy vrou geskilder en sy het die foto van haar saam met die Venter gesin by die skildery, goedgunstiglik beskikbaar gestel vir publikasie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button