News
VIDEO: Arrayah Sentrum het gemeenskap se hulp nodig om dorp se hemelkinders ’n plekkie in son te gee
Die Arrayah Sentrum vir kinders met fisiese en leeruitdagings benodig die gemeenskap se hulp om ’n nuwe skool, en terapiesentrum, te vestig, waar meer kinders met uitdagins soos outisme, dwergisme en Down-sindroom onderrig kan word.
Die sentrum, wat tans in Klipstraat geleë is, moet einde Augustus die eiendom ontruim.
Die sentrum het intussen die voormalige Broers Gimnasium in Springbokstraat oorgekoop en is besig om die eiendom onder meer in tien klaskamers, ’n terapiesentrum en kantore te omskep.
Die eiendom is egter jarelaas onderhou en die sentrum se onbaatsugtige leerkrag kyk nou na Middelburg se omgee-gemeenskap om hul droom om tot 100 kinders met uitdagings te akkommodeer te bewaarheid.
• Lees ook gerus meer in die week se Middelburg Observer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
