News

Dief vlug tussen riete in

Lede van die Dagpatrollie en Sektor 4 Kanonkop/Dennesig Radiogroep het verlede week sakke vol kabels, koperpype en bottels drank teruggekry nadat twee verdagtes laat spaander het.

Arthur Hill (Dagpatrollie) vertel dat hulle verlede Dinsdagaand saam met die Sektor 4 Radiogroep patrollies gery het in Kanonkop en Dennesig.

Omstreeks 23:00 het hulle opgemerk dat daar ’n jong man met ’n tas loop by die Dennesig dammetjies, naby die Njala- en Helen Josephstraat kruising.
Die oomblik toe hy die lede se voertuie sien, het hy die sak neergesmyt en tussen die riete ingehardloop.

Sowat ’n halfuur later is daar weer in die area gepatrollieer en het dieselfde jong man saam met ’n ander man geloop. Dié keer het albei sakke saam met hulle gedra.
Voordat die lede op patrollie hulle kon vra wat is in die sakke, het hulle dit neergesmyt en weer tussen die riete die nag in verdwyn.

In die sakke is die kragkabels, koperpype, drankbottels en selfs ligskakelaars gekry.

• Arthur het gemeld dat hulle agtergekom het dat daar gure karakters tussen die riete en onder bome in die nagte skuil en selfs slaap by die Dennesig dammetjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button