News

Trokdrywers al meer ’n teiken

Trokdrywers is deesdae al meer ’n teiken vir misdadigers, nie net trokke wat aan die brand gesteek word nie, maar ook onder kapings deurloop.

’n Trok is Donderdag in Hendrina gekaap en ure later verlate tussen Hendrina en Middelburg, met die trokdrywer vasgebind nog binne-in, gevind.
Die trokdrywer is by ’n stopstraat in Hendrina oorval. Die kapers het hom vasgebind en in die rigting van Middelburg gery.

Die polisie en opsporingsmaatskappy het egter blitsig reageer en in die rigting van Middelburg gejaag.

Die kapers het besef hulle word agtervolg en het uitgespring en gevlug. Dit is onduidelik of hulle met ’n voertuig of te voet weggekom het.

• Daar word verneem dat die eienaar van die trok nie ’n saak wou open nie, omdat die trokdrywer nie beseer is nie en daar nie skade is op die trok nie.
Die rede wat aangevoer is, is dat hy nie kan bekostig om sonder die trok klaar te kom terwyl die polisie die voertuig skut om dit deur te gaan vir leidrade (soos vingerafdrukke) nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button