News
Daar was ’n gebrul van meelewing
Dit was ’n gebrul van motorfietse en ’n uitstalling van spesiale voertuie tydens die ‘Nappy Run’ by die Middelburg Mall.
Dié spesiale dag is gehou ten bate van die Rock of Miracles Huis vir Pleeg- en weeskinders.
Lu-Ann en Johan Dippenaar bedank elke persoon wat ’n bydrae gelewer het.
• Verskillende motorfietsklubs, asook eienaars van unieke en veteraanmotors het die dag bygewoon.
Verskeie stalletjies het ook deel uitgemaak daarvan en talle besighede het skenkings gemaak vir die huis.
• ’n Massarit met die motorfietse is vanaf Hobo’s Café tot by die Middelburg Mall gehou en die gebrul van die motorfietse was van ver af hoorbaar.
• ’n Berig verskyn ook in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
