News
Voertuig uit erf in Mineralia gesteel
’n Voertuig is vroeg vanoggend uit ’n erf in Mineralia gesteel.
Geraldine Danhauser vermoed dat die Toyota Wishi na 12:00 vanoggend gesteel is omdat bouwerkers tot middernag nog besig was om aan die hoofhuis te werk.
Geraldine en haar man, Dean, het die voertuig teenaan hulle woonstel parkeer omdat hulle hek oopgelos is vir die bouers.
Haar beursie met al hulle kaarte, en haar man se gereedskapkas was in die voertuig en hulle is dit ook kwyt.
Dean is ’n motorwerktuigkundige en was besig om die voertuig te herstel vir iemand anders.
Die registrasie is B 868 BJK.
Indien enige iemand inligting het oor die voertuig, word hulle gevra om Geraldine te kontak by 072 770 7192.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
