News

Hawelose nood, vir wie om te gee

Elke organisasie en noodgroep in Middelburg is besig om uit te reik na haweloses, gesinne in nood en bejaardes.

Vanaf die Noodroep Radiogroep Sektor 3 (NRS3) tot die Dagpatrollie en al die nie-winsgewende organisasies soos die CMR, Mid Hartklop, Solidariteit Helpende Hand en Lewe in Liefde en kerke soos die Ligkruis gemeente help om magies vol en lyfies warm te hou.

Van komberse tot warm klere, sop en nie-bederfbare kos word versprei.

• Tienie Uys (voorsitter, NRS3) wil graag almal in die gemeenskap bedank wat hul projek ondersteun het waar komberse, sop en donasies ingesamel is.

Daar is reeds 75 komberse aan haweloses, gesinne in nood en bejaardes uitgedeel.
Hulle wil nog ’n paar komberse vir die Dierebeskermingsvereniging en die staatsveearts ook gee.

Met hul volgende projek gaan hulle vetkoek en sop uitdeel vir die inwoners van die Vergeet My Nie aftree-oord.

• Lees meer in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer hoe erg die nood werklik in die dorp is.

•Elke persoon en sakelui kan nou kies vir wie hulle donasies, kos (veral nie-bederfbaar), klerasie en komberse wil skenk.

Van die organisasies wat vertel het van die nood in ons dorp, sluit in: Middelburg CMR (Hannemi/Margaret 013 282 7261/2/3), SAVF Maatskaplike Dienste (Thapelo) 013 243 3745 of 013 292 4413), Sosiale Ontwikkeling (013 243 4570), Kindersorg (Michelle 013 242 1017), Mid Hartklop (Ammelia 082 898 5486), Lewe in Liefde (Judy 082 802 4803), Koppiestraat (Louise 065 749 5286), Yusuf Tayob-kosprojek by Bambanani (dr. Mohammed Tayob 082 553 3158), Solidariteit Helpende Hand (Adri 068 077 0188), Noodroep Radiogroep Sektor 3 (Juanita 072 386 9949), NG Ligkruis-bottelprojek (Martie 071 809 7235) en Dagpatrollie (Arthur 083 870 9693).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button