News
Moenie stop by baba stootwaentjie langs pad nie!
Die Dagpatrollie het hul lede oor die naweek gewaarsku om nie te stop as hulle ’n stootkarretjie of babastoeltjie sien nie.
Arthur Hill (Dagpatrollie) het die plasing op die “We are South Africans” Facebookgroep gesien en besluit om ook hul lede te waarsku.
Die plasing sê onder andere dat motoriste nie moet stop as hulle die stootkarretjie of stoeltjie sien nie, omdat dit blyk ’n nuwe rooftegniek te wees.
Arthur meld dat hy dit op die WhatsApp-groep geplaas het, om hul lede net bewus te maak van die nuwe modus operandi van rowers.
Hy weet nie van enige gevalle wat wel plaasgevind het in ons omgewing nie, maar voel van hul lede ry oral in die land en dat hulle bedag moet wees daarop.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
