News

Liggaam in bloekombos langs hoofweg gekry

Die liggaam van ’n middeljarige man (sy geboortedatum is 1971) is gistermiddag hangende aan ’n boom in ’n bloekombos langs die N4 hoofweg tussen die Middelburg Tolplaza en die weegbrug voor die Vandyksdrift-afrit gekry.

Die liggaam was al in ’n gevorderde stadium van ontbinding en daar word vermoed dat hy alreeds verlede week oorlede is.

Die oorledene was in ’n knielende posisie met ’n tou nog vagebind aan ’n boomtak gevind.

’n Huishoudster van wyle Dolf Rossouw se plaas het op die gru-vonds afgekom, terwyl sy hout in die area gesoek het.

’n Sak met ’n Bybeltjie daarin is digby die liggaam gevind.
In die Bybeltjie was ’n telefoonnommer wat kort na die ontdekking geskakel is.

Die nommer was dié van ’n Laeveldse inwoner wat die oorledene voorheen ’n rygeleentheid gebied het.
Volgens die Samaritaan het die oorledene vir hom gesê dat hy op pad was na sy familie in Nelspruit.

Dit is onduidelik hoe die man hier beland het.

Sy identiteit is nog nie bekend gemaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button