News

Selfgemaakte wapen was by hawelose

’n Selfgeprakseerde wapen is by ’n hawelose gekry.

Daar is aanvanklik gehoor dat die houtwapen met verskillende tipes patrone deur die Gemeenskap in Blou by die polisiestasie ingehandig is.

Hierdie week is egter verneem dat die Gemeenskap in Blou besig was met patrollie die aand, toe hulle twee mans met sakke by hulle op die hoek van Lilian Ngoyi- en Cowen Ntulistraat opgemerk het.

In een van die hawelose mans se sakke is die selfgemaakte wapen, wat met hout, rekke en draad gemaak is en wel ’n koeël sal kan afskiet, gekry.

By die polisiestasie is die man ondervra en sy vingerafdrukke geneem en die wapen ingehandig.
Die lede wou egter nie ’n saak maak nie en die hawelose man is laat gaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button