Dagpatrollie hou markdag
Die Middelburg Dagpatrollie hou op 26 Augustus ’n markdag op die sportvelde van Laerskool Kanonkop.
Van spookasem tot konfyte, handsakke en juwele sal te koop wees en daar is meer as genoeg vermaak vir die kleingoed gereël, soos springkastele en gesigverf.
Stalletjies is R200 sonder en R250 met krag.
Toegang is R10 per persoon. Jou toegangskaartjie is boonop ’n lootjie waarmee jy ’n prys kan wen.
Vir meer inligting en stalletjiebesprekings, bel Arthur Hill by 083 870 9693.
• Die Dagpatrollie het tans ook ’n kompetisie aan die gang met lootjies wat R100 per persoon beloop. Die wenprys is ’n jaar se gratis ledegeld by die Dagpatrollie.
• Beide die markdag en lootjieverkope is deel van fondsinsamelingsprojekte om ’n tweerigting toring op te ring.
