“Tannie Kitty”, soos sy alom in Middelburg bekend was, het gister siek geword by die SAVF Tehuis, waar sy die afgelope paar jaar woonagtig was.
Sy is na die Life Midmed Hospitaal geneem, waar sy vanoggend oorlede is.
• Tannie Kitty was met haar liewe, innemende geaardheid baie geliefd onder almal en het vroeër jare gereeld by die Middelburg Observer ingeloer om haar kleinkinders se foto’s in die koerant te kom haal.
• Die familie is nog besig met begrafnisreëlings.
• ’n Meer volledige huldeblyk oor tannie Kitty sal in volgende week se Vrydag uitgawe verskyn.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
