News
Verkoop jou wit olifante vir jou sak
Vir net R300 vir jou kattebakverkoping of gazebo staanplek, kan jy ontslae raak van al jou wit olifante.
Die NG Kerk, Kanonkop gemeente hou op 5 Augustus ’n wit olifantdag- en kattebak rommelverkoping.
Bring jou bakkie, betaal jou toegangsfooi en verkoop alles wat in jou pad staan om die res van die winste in jou sak te steek.
Daar gaan baie winskopies wees met juwele, skoene, meubels, gereedskap, klerasie en boeke wat teen weggeepryse beskikbaar sal wees.
Hekke open om 07:00 om jou voertuig of gazebo in te bring en op te stel, waarna die hekke om 09:00 open.
Eet en drinkgoed sal ook te koop wees.
Vir meer inligting of om jou plek te bespreek, bel Laurina Snyman-Kriel by 082 905 6850.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
