News

DBV het steeds nie krag nie!

Die honde in die hokke by die Dierebeskermingsvereniging slaap koud, want hulle komberse kan weens die krag wat af is, nie gewas word nie!

“Dan is daar sowaar mense wat sê ons moet die komberse met ons hande was! Dit sal nooit droog word nie,” het ’n omgekrapte senior inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, DBV) vanoggend gesê.

’n Kabel is Dinsdagoggend gesny tydens beurtkrag en toe die boewe sien hulle kan niks daarmee doen nie, omdat dit alluminium is, is dit net so oop gelaat.
Enige persoon kan daaraan raak en senior inspekteur Oberholzer glo dat as iemand aan die oop kabel raak, dit die persoon kan doodskok.

Dit is al talle kere by die munisipaliteit aangemeld wat onderneem het dat hulle gister teen 11:00 daar sou wees.
Tot op hede is daar steeds nie krag nie.

“Daar kom net 160 volts deur dat ons selfone kan herlaai. Verder kan ons niks doen nie.”

Van Sondag tot Dinsdag het hulle ook nie water gehad nie.

Alhoewel die DBV ’n watertenk het, kan hulle die water nie uitgepomp word sonder krag nie en bestaan die moontlikheid dat die water nou ook onbruikbaar gaan raak.

“En ons hoor dat hulle more waterpype gaan oorskakel en dat ons wéér ’n ruk sonder water gaan wees. Ons is raadop!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button