Michelle Meyer (hanteerder) en Thandinani kuier saam met oom Tom Markram.
Daar is niks soos ’n vierpoot wat ’n dag by ’n tehuis vir bejaardes kan ophelder nie!
Tannie Sarie Roos hou baie van Angel.
Michelle Meyer en haar span van die Witbank/Middelburg K9-klub, besoek gereeld die SAVF Tehuis vir Bejaardes in Middelburg.
Angel wag geduldig vir haar lekkerny van tannie Annetjie en oom Hennie Nel en tannie Sarie Roos.
Met elke besoek kan ’n mens die opwinding en vreugde tussen die inwoners aanvoel as hulle toegelaat word om vir die honde bederfies te gee en hulle te vryf.
• Lees meer in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer oor dié K9-klub.
Emmie Janse van Vuuren (hanteerder) en Bella loer in by oom Jan Combrink.Tucker wag gehoorsaam vir sy bederfie van tannie Annelie van Tonder.Angel en oom Ben Lombaard maak vriende.Tannie Annemie Hattingh hou baie van Angel.Thandinani sit en kuier by tannie Hester van Rensburg.Angel word gevryf deur tannie Magda van Niekerk.Tannie Marietjie la Grange gee vir Tucker ’n stukkie biltong.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.