News

Krokodille in Olifantsrivier afgemaai

Nylkrokodille, 'n bedreigde spesie, word een na die ander in die Olifantsrivier afgemaai.

Mnr. Kobus Hildebrand, bestuurder van Boschkrans Boerdery se wildskamp, vertel dat die Olifantsrivier vanaf die Groblersdal brandweerstasie (Stoffbergpad) tot by Wolf’s Rock (Schoemanpad) dig bevolk is met krokodille.

“Ek het al op ‘n stadium 27 krokodille getel wat by mekaar lê. Met ‘n hommeltuig is daar meer as 50 krokodille opgemerk in hierdie area.” Onlangs het hierdie bevolking geweldig gedaal.

“Ek het agtergekom die krokodille raak al hoe minder.”

‘n Werknemer van Boschkrans het op ‘n krokodil afgekom wat in ‘n strik gevang is. Die krokodil se vel en pote was reeds verwyder. Die werknemer het dit rapporteer aan die bestuur.

Maandag is daar weer twee krokodille in strikke deur die werknemer gesien. Die bestuur het dadelik mnr. Hildebrand laat weet en hy het ondersoek ingestel. Een van die krokodille is geslag, net die karkas was oor, die stert, pote, kop, vel en vleis was reeds verwyder en die ander een se stert, vel en pote is afgeslag.

Een van die krokodille se karkas wat agter gelaat is. Hy is reeds gestroop van vel, kop, pote en vleis.

Daar is ‘n verdere ses strikke in die omgewing gevind.

Mnr. Hildebrand sê hy vermoed dat daar maklik tussen 10 en 15 krokodille gestroop is, maar dat hul steeds die rivier sal fynkam vir strikke.
Hy het dadelik die voorval by die polisie, veediefstaleenheid en natuurbewaring aangemeld.

•Die Nylkrokodil is ‘n bedreigde spesie en is op die rooidatalys geplaas. Enige persone wat hierdie diere doodmaak kan ‘n boete van hoogstens R250 000 of tot gevangenisstraf vir ‘n tydperk nie meer as 15 jaar of tot beide sodanige boete en sodanige gevangenisstraf ontvang onder die Limpopo Omgewing Bestuurswet 2003, Wet 7 Van 2003.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button