News

Duisende liter water straataf, terwyl nuwe pype nie gekoppel is

Terwyl tientalle huishoudings, veral die in Mineralia en Groenkol, nog oor die weg moet kom met lae waterdruk nadat hulle die afgelope naweek geen water gehad het nie, stroom miljoene liters gesuiwerde kraanwater tans by OR Tambostraat af na die Klein Olifantsrivier toe.

Dr. Kobus Terblanche het videomateriaal van die reuse pypbars met die Middelburg Observer gedeel.

Vir dr. Terblanche en sy OR Tambostraat bure is pypbarste niks nuut nie.
Pype bars gereeld in die straat.

Volgens die munisipaliteit was die naweek se watertekorte juis oor iets wat dr. Terblanche maandelank al dwars in die krop steek.
Die oorskakeling van ou betonpype na die nuwe PVC waterpypnetwerk.

Volgens die munisipaliteit was daar probleme met die oorskakeling kort voor die naweek wat huise se krane laat opdroog het.
Van die eiendomme het vanmore gesê hoewel watertoevoer herstel is, die druk op die krane laag bly.

In OR Tambostraat is huishoudings se pype al meer as twee jaar gelede met nuwe PVC pype vervang.

Terwyl ander areas, soos Kanonkop, al drie maal “oorgeskakel” het na die nuwe netwerk, is OR Tambostraat nog nie gekoppel nie.

In die video is dr. Terblanche se frustrasie duidelik, en fokus hy juis op die ongekoppelde PVC pype wat op sypaadjies lê en stof vergaar.

Verskeie wonings in SADCstraat het ook nog nie elektrisitieti nie en van die huishoudings gaan reeds hul derde agtereenvolgende dag sonder elektrisiteit in.
Verskeie SADCstraat inwoners sê ook dat hulle feitlik al hul elektroniese items verloor het.

Een inwoner sê al haar huis se ligte het saam met haar geiser, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en ander toebehore, die gees gegee.

Dr. Terblanche sê verskeie inwoners se opritte is al uitgekap en net so gelaat, vir pypvervangings.
Die OR Tambostraat pypbars is reeds aangemeld maar die water stroom steeds straataf.

Inwoners word gevra om spaarsamig met water te wees, totdat die pypbars herstel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button