‘Wolf, wolf!’ op WhatsApp-groepe geroep
Plaaslike veiligheids WhatsApp-groepe is weer op hol gejaag deur fopnuus en ou berigte wat deur mense rondgestuur is.
Saterdagoggend is daar op een van die plaaslike veiligheidsgroepe ’n vals waarskuwing gedeel van “’n ongeluk op die N4 naby Witbank as gevolg van digte mis”.
’n Video van ’n trok wat in ’n ongelukstoneel vasjaag is saam met die waarskuwing gestuur.
Die video wys dat dit vier dae voor die WhatsApp plasing op TikTok gepubliseer is. Dit is egter meer as ’n jaar gelede op Focus on Transport and Logistics se YouTube kanaal geplaas, en het tussen Ermelo en Piet Retief plaasgevind.
Die misleidende video volg kort op ’n stemposboodskap wat onlangs vrees aangejaag het oor vermiste kinders.
In die stemposboodskap, pleit ’n ma angstig dat inwoners op die uitkyk moet wees vir haar kinders “wat verdwyn het”.
Dit was egter ook later bevestig dat die stemposboodskap stokoud was en dat die betrokke kinders by maats opgespoor is.
Die videomateriaal wat onlangs op TikTok gedeel was het egter meer as ’n jaar gelede plaasgevind.
https://www.tiktok.com/@andy.com22/video/7259627768990747910
