News
Familie groet jong inwoner wat dood op straat gekry is
Jannie Benadie, die 27-jarige man wie se oorskot meer as twee weke gelede in die veld in Jeppestraat gevind is, word Donderdag begrawe.
Pastoor Jannie Jacobs, wat aan die stuur staan van die Oorwinnaars Halfweghuis vir Dwelmverslaafde mans, het aangedui dat hy die byeenkoms sal lei.
Daar sal om 11:00 ’n diens gehou word by die graf.
• Jannie se pa, Johan, werk nie tans nie en die familie sukkel om die fondse vir die begrafnis byeen te kry.
Persone wat hulle wil ondersteun, kan Etretia (Jannie se tannie) bel of WhatsApp na 083 583 2012.
• Jannie, ook bekend as JJ. was lank op straat en aan dwelms verslaaf.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
