News

Krokkies skuif van Sun City na uBhetyan

Gholfspelers hoef nie meer so fyn te trap op die Sun City gholfbaan nie.

Sun City se dam en gholfbaan krokodille is nou by die uBhetyan Wildsplaas naby Middelburg!

Deon Cornelius (van uBhetyan) het deel uitgemaak van die span wat verlede week die krokodille vanaf Sun City na Middelburg geskuif het.

Omdat die krokodille nie daar mag aanteel nie, is twee mannetjies en agt kleintjies is verskuif.

Die water is met pompe uit die dam gedreineer, waarna die krokodille gevang is.

Die een mannetjie is uBhetyan toe gevat en die ander een na die reptielpark by Hartbeespoortdam.

• Deon en sy span, asook die Middelburg Veediefstal en Bedreigde Spesie-eenheid, onder koördinasie van die Noordwes Toerisme en Parke Agentskap (Parkeraad), het die krokodille gevang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button