Vir net R100 kan jy ’n eksklusiewe jagnaweek wen!
Jy het nog net tyd tot Vrydag om in te skryf vir ’n eksklusiewe jagnaweek ter waarde van R80 000.

Vir net R100 ‘n kaartjie kry jy die kans om hierdie prys by FW Safaris net buite Marble Hall te wen.,
Die prys sluit akkommodasie vir agt persone in ’n vyfster selfsorg lodge vir die naweek van 18-20 Augustus, asook wildritte en die jag van ’n swartwitpens bul (Sable) in.
’n Professionele jagter en slagfasiliteite is beskikbaar as jy nie self wil jag nie.
Hierdie kompetisie word aangebied deur die NG Kerk, Kanonkop gemeente.
Die jagplaas maak uitsluitlik voorsiening vir buitelandse trofeejagters en dit is ’n kans van ’n leeftyd!
Persone wat kaartjies wil bekom, moet daarop let dat as hulle 10 kaartjies koop, kry hulle een kaartjie gratis.
Die trekking is Sondag.
Vir enige navrae en om kaartjies te koop, bel Wilhelm Lötz by 082 569 1050 of 013 244 3187 of stuur ’n e-pos na wpnlotz@gmail.com.
