News

Vrou en week-oue babatjie vlug voor vlammehel

Talle inwoners het na die toneel opgeruk om die brand met tuinslange te blus.

’n Jong gesin is dakloos gelaat nadat hulle huis in Vygiestraat minute gelede deur vlamme verswelg is.

Met die Middelburg Observer se aankoms, is daar vertel dat ’n vrou met ’n week-oue baba van die toneel af weggeneem is en dat die jong ma aan erge skok ly.

Talle inwoners, die Middelburg Brandweer en lede van Noodroep Radiogroep Sektor 4 asook Middelburg Dagpatrollie het na die toneel opgeruk waar daar met tuinslange gehelp was om die vlamme te blus.

FOTO’s: Sjani Campher.

Me. Carla Kamffer het die Middelburg Observer op die toneel genader, waar sy vertel het dat haar seun, sy vrou en hulle jong babatjie in die huis woon.
“My skoondogter sit met ’n baba van ’n week oud, en sy is in ’n toestand hier weggeneem.”

Met die Middelburg Observer se aankoms was die brandweer reeds op die toneel waar die ergste vlamme reeds geblus is.
Die huis het geweldig skade gely, met ’n groot deel van die leefarea wat vernietig is.

• Dit is tans onbekend hoe die brand ontstaan het en wat die gesin alles in die vlammehel verloor het. Daar sal op ’n latere stadium opgevolg word om te hoor hoe die gemeenskap die gesin bystaan.

’n Groot gedeelte van die leefarea is vernietig.
FOTO: Sjani Campher.
FOTO: Sjani Campher.
FOTO: Sjani Campher.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button