News

Op reis met die inspirerende Hildewald

Hildewald Groenewald se hondekinders het haar nie net geïnspireer om die konsep te skryf vir ’n televisiereeks nie, maar haar tot gehelp om ’n honde-noodhulptas te ontwerp!

Hildewald het die konsep geskryf vir die reeks, ‘Op Reis Met My Beste Vriend’. Sy was selfs agter die kameras toe sy saam met Neels van Jaarsveld ’n proef-opname gemaak het vir die borge!

Sy het vir die akteurs ook elkeen ’n noodhulptas vir hul honde gegee

Akteur Neels van Jaarsveld met sy hond Lulu en een van Hildewald Groenewald se ontwerpte honde noodhulptassies.

Dié noodhulptassie, genaamd Op Reis Met First Aid, met ’n oulike brakpoot daarby, het sy saamgestel met die hulp van ’n plaaslike veearts, en die sakke ook laat druk deur ’n plaaslike maatskappy.

• Gaan lees in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer haar inspirerende verhale ten opsigte van die televisiereeks en haar noodhulptassies.

Hildewald Groenewald het die konsep geskryf vir die reeks.
Neels van Jaarsveld en Theodore Jantjes hou baie van die noodhulptassies vir honde.
Neels van Jaarsveld en sy hond, Lulu, saam met Middelburger Hildewald Groenewald.
Binnelanders aktrise Odelle de Wet en Neels van Jaarsveld met haar hondjies.
Karien Botha (wat Blapsie was in die reeks, Mollie en Wors) met haar honde en voëltjie.
Theodore Jantjes en sy reuse boerboel.
Hanna Grobler (Bok van Blerk se vrou) met haar twee Jack Russells.
Eloïse Cupido met haar kat.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button