News

Verslaafdes slaap in Venter waentjie

Haweloses, moontlik ook dwelmverslaafdes, het laasnag in ’n ou geroeste Venter sleepwa geslaap en later laat spaander toe hulle ’n lid van die Dagpatrollie sien.

Arthur Hill (Dagpatrollie) sê ’n inwoner van Jack Hindonstraat het vanoggend een van hul patrollielede gebel en vertel dat hy die drie verdagtes met die sleepwa in sy erf gesien het.
Die een het nog half deur die blare uit die sleepwa geklim toe hy hulle opmerk en by die huis uitkom.

Die Dagpatrollie is gekontak en mnr. Hille het die drie in Kogelstraat opgemerk waar hulle die sleepwa in die straat afstoot.

“Hulle het dadelik weggehardloop toe hulle my sien en die sleepwa net so gelos.”

• Die wit sleepwa het nog ’n ou Transvaalse registrasienommer, naamlik HDT834T. Daar is ook ’n “Nylstroom” Venterverkoopplakker agterop.

Hy sê omdat die sleepwa so geroes is, het die sleepstang gebreek nadat hulle dit weggesleep het van die toneel af. Hy het met kabelbinders die sleepstang met ’n pyp vasgemaak om dit veilig te kon wegsleep.

• Hy het aangedui dat hy vir die eienaar die sleepwa sal hou tot Woensdag en dit dan ingee by die Middelburg Polisiestasie. Die eienaar van die sleepwa kan hom bel by 083 870 9693.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button