News

’n Fortuner vol boerbokke

Die boerbokke se eienaar is nog soek.

Dit moet ’n gesig wees wat jou sal laat kyk, weer kyk en dan laat wonder of Leon Schuster besig is met ’n nuwe truukfliek.

Boonop gaan die passasier in die voertuig langs jou nie sê môôôre nie, maar blêêê..rie diewe!

’n Lid van die Sekhukhune blitspatrollie was op pad na Tubatse vir ’n afspraak toe hy ’n Toyota Fortuner met getinte vensters opmerk wat verdag lyk.

Toe hy die voertuig tot stilstand dwing, het een van die vier mans passasiers uitgespring en die hasepad gekies.

Maar daar was nog 13 ander passasiers in die Fortuner, boerbokke!

Die boerbokke was beslis nie rylopers nie, want die dwelms en speelgoedgeweer wat ook in die voertuig gekry is, dui daarop dat die mans by onwettighede betrokke is.

Die mans is aangekla vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Die boerbokke se eienaar is nog soek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button