News

Man “wat vir almal lief was”, sterf in ongeluk

’n Jong pa van eMalahleni het Saterdagaand in ’n motorongeluk op die Bethalpad gesterf.

Albert van der Merwe (39) is opslag dood in die ongeluk, wat sowat drie kilometer vanaf Pienaardam se uitdraai gebeur het.

Sy suster, Sophia Schoeman, sê hulle het Saterdag by Toe Word ons Dors, waar haar dogter, Zeldine, assistent bestuurder is, saamgekuier.
Zeldine het in die week haar mondigwording gevier en Albert, Sophia en Sophia se seun, JJ, het saam met Zeldine gekuier.

Albert het net na 19:30 gery en die ongeluk het kort daarna plaasgevind.

Volgens Sophia het die pad ’n effense draai gemaak en toe Albert om die draai kom, was daar ’n trok voor hom. Die trok het wel beweeg, maar hulle vermoed hy het stadig gery en Albert het onder die trok ingery.

Sophia het haar broer beskryf as “’n mens vol liefde. Hy was lief vir sy kind, sy familie en sy werk.”

Albert was ’n tegniese bestuurder by die GIC Maatskappy.

Hy word oorleef deur sy seuntjie, Connor (11), ma Magda Smith, pa Cassie van der Merwe, suster Sophia en ouma, Hendriena van der Westhuizen.

Die begrafnis is more (Vrydag) om 11:00 uit die NG Kerk, Witbank Suid gemeente (eMalahleni).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button