News

Rotsklim die naweek!

Avontuurlustiges kan Saterdag naderstaan om abseiling te doen in die Avontuurvallei by Buffalo Gorge!

Die 50m abseil- en rotsklimarea is ’n ongelooflike gesig in die natuur met die Selonsrivier, die voet van die Waterberge en allerlei flora met meer as 80 gemerkte inheemse bome.

Onthou alles wat afgaan, moet weer opgaan, en as jy klaar is met die abseiling, kry jy die geleentheid om weer teen die rotse op te klim.

Kerneels Botha klim terug met die ketting teen die rotse op.

Ryk Diepraam (van Buffalo Gorge) nooi almal om te bespreek vir dié uitdaging wat beslis nie vir bangbroeke is nie.

Kostes beloop R350 per persoon vir jou eerste abseil, R150 vir die tweede keer en dit is gratis as jy die derde keer wil afgaan.

Belangstellendes moet onthou dat daar ten minste vier persone in die groep moet wees om die uitstappie aan te bied.

Vir enige navrae en besprekings, bel Ryk by 083 528 9586.

Die ongelooflike uitsig oor die Avontuurvallei.
Jongmense is ook welkom om saam abseiling te kom doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button