News

Mans wag paartjie in soos iets uit aksiefliek

Poging tot kaping was naby Middelburg.

’n Groep mans het dwars in die Loskopdampad gestop en met outomatiese aanvalsgewere in die pad gaan staan, in ’n poging om ’n jong paartjie te kaap.

Die ma van die jongmense wat byna gekaap is, het gevra dat almal se name op hierdie tydstip weerhou word, ter wille van hul veiligheid.

Die twee jongmense, onderskeidelik 24 en 25 jaar oud, was vanaf Middelburg in Groblersdal se rigting op pad, toe ’n minibus hulle van agter af verbysteek buite Middelburg.

Net verby die Keeromspruit, voor Botshabelo, het dieselfde minibus hulle egter ingewag.

Die minibus was dwars oor die pad gestop en twee mans, met outomatiese gewere, het in die pad gestaan.

Hulle het vir die paartjie gewys om te stop, maar die vrou het vir haar verloofde gesê om dadelik ’n U-draai te maak, waarop hulle terug gejaag het Middelburg toe.

Die mans met die outomatiese gewere het in die minibus gespring en in Doornkop se rigting gejaag.

Terwyl hulle omgedraai het Middelburg se kant toe, het die jongmense opgemerk dat een van die mans ’n polisie glimbaadjie aanhet.

Die ander een het donker kleure aangehad, soortgelyk aan dié wat sekuriteitsfirmas, wat geld oplaai, dra.

Die bestuurder van die minibus het ’n oranje hemp aangehad.

Op pad terug die dorp in, het die vrou haar ma laat weet, wat op haar beurt op noodgroepe almal in kennis gestel het.

• Noodgroepe is tans besig om die paaie te fynkam vir die minibus en sy insittendes.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button