News

Sport aksie die naweek – Middies se derdes kan liga wen

Die Middies o/14 span is ook die voorlopers op die punteleer gevolg deur Rustenburg met HTS Middelburg heel laaste, sonder dat hy die seisoen al enige punte kon inoes.

Die laaste rondte van die Noordvaal liga vind die naweek plaas met Hoërskool Middelburg wat tuis teen Zwartkop speel en HTS Middelburg weg teen Transvalia.

Middies is vierde op die punteleer vir eerstespanne, gelykop met Transvalia op nege. Rustenburg gee die toon aan en is loshande voor met 29 punte gevolg deur Kempton Park. HTS Middelburg is tweede laaste.

Vir o/16 spanne is Hoërskool Middelburg eerste gevolg deur Transvalia, Klerksdorp, Rustenburg, Montana, Zwartkop en HTS Middelburg.

In die afdeling vir o/15 spanne is Middies vyfde en HTS Middelburg sesde van die agt spanne.

Die Middies o/14 span is ook die voorlopers op die punteleer gevolg deur Rustenburg met HTS Middelburg heel laaste, sonder dat hy die seisoen al enige punte kon inoes.

•Dit is ’n uitstekende seisoen vir die span in groen met die o/15B span en die derdes wat ook bo aan die punteleer is en die naweek die liga kan wen.

Indien die derdes Saterdag wen kan dit die kroon span op die hoof, mnr. Johan Stronkhorst en sy mede-afrigter, Coena Swart, se afrigtingsloopbaan.

Dit is ’n massiewe prestasie vir ’n skool wat ’n paar jaar gelede met rekordtellings teen HTS Middelburg verloor het.

Net so is dit tragies om te sien hoe die Rooi Masjien se ratte geroes het.

Middies se program is:
8:00 o/14A
9:00 Derde span.
10:10 o/15A.
11:10 Tweede span.
12:20 o/16A.
13:35 Eerste span.

B-veld:
o/15B.
9:00 o/16B.
10:10 o/14B.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button