News

Skote klap – Een kaper gearresteer, twee op die vlug in Kanonkop en Middedorp

Oorlog langs Klein Olifants waar polisie met R5 aanvalsgewere, pistole op skietende kapers losbrand

Minstens 18 skote is oomblike gelede langs die Klein Olifantsrivier afgevuur waar die polisie en kapers oor en weer op mekaar geskiet het.

Die polisie het met R5 aanvalsgewere en pistole op die kapers, wat ook gewapen is, losgebrand.

Die kapers het met ‘n trok wat in eMalahleni gekaap is, Verena om na Middelburg gery.

Hier is hulle gevolg tot by die rivier in Asaliastraat waar hulle hul agtervolgers probeer ontduik het.

Die toneel van ‘n afstand.

Hulle is tussen dennebome deur waar die trok verskeie bome getref het.

Die trok het teen die heining van die jukskeibane tot stilstand gekom.

Die kapers het nie eens tyd gehad om die trok af te sluit nie en het bloot die handrem opgetrek en laat spaander.

Die kapers het in die vlug verskeie skote afgevuur waarna die polisie op hulle losgebrand het.

Die trok het teen ‘n denneboom tot stilstand gekom.

Een van die kapers in aangekeer terwyl twee kon wegkom.

Een het in die rigting van Kanonkop gevlug, en ‘n tweede in die rigting van die dorp.

Een van die kapers het in die hardloop ‘n oorpak uitgetrek en agter gelaat.

Die polisie is vol lof vir die Middelburg Dagpatrollie wat hulle behulpsaam was met die suksesvolle arrestasie.

Dagpatrollie-lede onder leiding van Arthur Hill, fynkam nou die areas rondom die rivier vir die ander twee kapers.

Die polisie waarsku dat die kapers gewapen is.

Die trok is steeds rybaar en is polisiestasie toe bestuur.

‘n Groot aantal inwoners het nog by die rivier uitgespan toe die skietery om hulle losgebars het.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button